top of page
3333.png

Ons Personeel

Leiding, inspirasie en onderwys vir Universitas-Wes Kleuterskool 

1.jpeg

Monique Coetzee

Skoolhoof en Voëltjieklas Juffrou

Monique'ie (Nikki) is getroud en 'n mamma van 3. Haar man, kinders en hartsmense is haar grootste rykdom. Familie kom altyd eerste!


Sy streef daarna om na mense se harte om te sien en om elke kinderhartjie ten alle tye te beskerm. Sy glo om altyd alles te gee en so ander te motiveer deur daad en nie net woorde nie.

​

Haar droom vir Universitas-Wes Kleuterskool is om 'n veilige, kreatiewe en geestelike omgewing te skep waar kinders veilig en geliefd kan voel om met vrymoedigheid foute te maak, hul eie identiteit te ontwikkel en waardevolle verhoudings en karaktereienskappe aan te leer. Hulle moet weet aan wie hulle is en aan wie hulle behoort. God het groot planne vir elke liewe kindjie en haar droom is om elkeen te omvou in liefde en te lei om God se droom vir hulle te help ontdek.


Haar hart word daagliks warm deur elke drukkie wat sy by maatjies kry en om hartjies vir maatjies op hulle handjies te teken.♡Elke dag is 'n nuwe dag wat met albei hande aangegryp moet word. Sy wil niks anders behalwe 'n Juffrou wees nie!

WhatsApp Image 2026-09-14 at 17.44.23.jpeg

Brenda Steadman

Voëltjie Klas Assistent Juffrou

Brends is getroud en ’n trotse mamma van twee pragtige kinders – ’n seun en ’n dogter wat haar lewe elke dag verryk.

 

Van dag een af met haar onderwys loopbaan het sy 'n passie vir kinders en om 'n veilige en gelukkige omgewing te skep waar sy hul ontwikkeling kan ondersteun en te versterk.  

 

Haar grootste passie is om met kinders te werk en deel te wees van hul groei en ontwikkeling. Sy glo elke kind is spesiaal en verdien liefde, geduld en respek.

​

Sy wil ’n sterk fondasie vir elke kleintjie bou – nie net akademies nie, maar ook emosioneel en sosiaal. Sy streef daarna om elke kind met selfvertroue, waardes en baie liefde toe te rus vir hul pad vorentoe.

3.jpeg

Karisma Martin

Seediere Klas Juffrou

Karis is ’n kind van die klein dorpie Bultfontein – waar die strate stil is, maar drome groot. As die oudste van twee kinders het ek van jongs af geleer om verantwoordelikheid te dra en met ’n sterk sin vir omgee deur die lewe te stap.

​

Met ondervinding in die klaskamer het ek geleer dat elke kind ’n unieke storie het. Sy sien dit as haar voorreg om deel te wees van hul groei. Haar passie vir onderwys leef in die klein oomblikke – daardie vonkie van begrip, die trots van ’n kind wat iets nuuts bemeester en die vreugde wat leer bring maak haar opgewonde.

​

Wanneer sy nie besig is om jong geesies te inspireer nie, sal jy haar vind waar sy met oorgawe rugby kyk, energie op die dansvloer uitleef of rustig gaan stap om haar gedagtes te orden en die wêreld om haar te waardeer.


Ek is ’n mengsel van hart, toewyding en lewenslus – iemand wat glo in groei, balans en die krag daarvan om ’n verskil te maak, een kind op ’n slag!

4.jpeg

Evelyn Dimakatso

Seediere Klas Assistent

Evvie is getroud, ’n ma van 2 kinders en ‘n ouma van 1 kind. Hierdie energieke, vriendelike en behulpsame assistant het eers as ‘n kok begin by haar vorige skool en vinnig besef dat sy ‘n groot liefde vir kinders het.

​

Sy is baie geduldig en hou daarvan om kalm met maatjies te praat.  Sy geniet dit om deel te wees van maatjies se fisiese ontwikkeling en om met maatjies oefeninge te doen en hulle lyfies fiks en gesond te hou.

​

Sy is regverdig en sal praat as ietsie pla of as sy onseker voel oor enige iets.


Sy is lief om in die winkels rond te loop, so ‘n tydjie vir haarself te vat en ook om mooi aan te trek. Haar opregte vreugde en vrede lê in haar familie, kinders en kleinkind.

5.jpeg

Bronwen Du Plessis

Wildediere Klas Juffrou

Brown is ’n getroude ma van twee seuns en waardeer elke kans om tyd saam met haar familie deur te bring. Al is my seuns nou groot, bly ’n ma altyd ’n ma.

​

Sy het nog altyd van kinders gehou, veral van jong kinders, omdat hulle onskuldig is en so gretig om te leer. Werk met kinders is nie vir haar net ’n werk nie, maar ’n passie – sy geniet dit om te leer, te speel, lief te hê en klein verstandjies te help vorm. Sy glo dat die eerste jare van ’n kind se lewe ’n groot invloed op hul toekoms kan hê, selfs al is dit net op ’n klein manier.


Sy is opreg en eerlik. Sy geniet elke geselsie met maatjies en omvou hulle in warm liefde.  Niks is vir haar moeite nie en sy is altyd positief en gereed vir elke uitdaging.

6.jpeg

Bettie Ismael

Wildediere Klas Assistent 

Tannie Bettie is ‘n mamma van 3 en ‘n ouma van 5. Sy is baie lief vir haar familie. Sy is vriendelik, eerlik en wil altyd die regte ding doen. Sy het altyd die mooiste glimlag en laat almal voel hulle is spesiaal in haar wêreld.  Sy help graag waar sy kan en doen dit met ‘n huppel in haar stap. 

​

Haar opregte hart laat ’n mens altyd geliefd en veilig voel. Sy deel in almal se vreugde en hartseer. Sy geniet om grappies te maak en kan altyd uit haar maag lag. Sy geniet dit om altyd die maatjies se oulike sê goedjies met almal te deel. 


Sy laat almal soos familie voel met haar sagte persoonlikheid. Bettie is ‘n ou hand met baie liefde en geduld. Sy is baie lief vir haar werk en om deel te neem in elke kind se daaglikse grootword proses.

7.jpeg

Miné Steyn

Assistent

Minétjie is 'n onderwys student en een van twee kinders. Haar hartjie is klein, maar sy het 'n groot liefde vir kindertjies.

​

Sy is saggeaard, maar sterk. Sy vou elke maatjie daagliks toe in liefde en gee sekuriteit met 'n sagte stem. Sy geniet die maatjies se pittige sêgoedjies.

​

Sy is opreg en altyd bereid om te help.  Sy is kreatief en geduldig.


Sy motiveer en lei maatjies om reg te kies en altyd net hulle heel beste te gee. By haar word almal aanvaar en is sy opgewonde vir elke mylpaal wat hulle bereik!

8.jpeg

Charné Moss

Dinosourus Klas Juffrou

Chanétjie is ’n trotse ma van ’n wonderlike 3-jarige dogtertjie wat haar hart elke dag met vreugde vul. Haar gunsteling tydverdryf is om kwaliteit tyd saam met haar gesin deur te bring, want hulle beteken alles vir haar en sy heg waarde aan die spesiale herinneringe saam met hulle. Haar ouers woon in Engeland, en sy geniet dit om hulle gereeld te besoek—veral om die pragtige antieke geboue en geskiedenis te ervaar. Sy het ’n groot passie om met kinders te werk. Vandag is sy ook ’n trotse tannie van 8 wonderlike kinders wat sy net so liefhet soos haar eie, en dit versterk haar liefde en roeping om met kinders te werk.

​

Sys is liefdevol en geduldig. Sy geniet dit ook om spesiale oomblikke op kamera vas te vang. Die welstand en gesondheid van maatjies is vir haar belangrik. Sy bied graag hulp aan.

9.jpeg

Gloria Diradingo

Dinosourus Klas Assistent

Glors is 'n mamma van 3 kinders. Een dogtertjie en twee seuntjies.

​

Sy is 'n sagte mens wat altyd orals met alles wil help. Sy versorg almal en vra altyd of sy ietsie kan doen.  


Sy geniet dit om te kook en die kossies vriendelik vir maatjies te bedien. 


Haar liefdes taal is verseker om diensbaar vir ander te wees en hulle te help dra aan enige uitdagings. Mense se harte en emosionele welstand is vir haar belangrik. Sy is altyd positief en sal almal altyd herinner dat alles OK sal wees.


Sy sing graag vir die maatjies binne en buite die klas en bederf hulle soveel sy kan.

10.jpeg

Ronel van Dyk

Skapie klas Juffrou

Ronellie is getroud met twee honde kinders. Dit is vir haar belangrik om saam haar man en familie te wees en sy geniet dit baie! Sy kom van ń baie klein dorpie af en haar hart lê in die platteland. 

​

Regverdigheid is vir haar belangrik en sy help altyd orals met oorgawe.  Haar werk is haar trots en sy doen dit elke dag met 'n glimlag.

​

Sy is ń baie sagte en liefdevolle mens wat sagkuns alles geduldig aanpak. 'n Groot en opregte liefde vir kindertjies. Om met die babas te werk vul haar hart met warmte. Elke lyfie is vir haar belangrik en sy omvou elkeen met veiligheid en ondersteun hulle om positief op hulle eie tyd te ontwikkel en hulle mylpale te bereik.

12.jpeg

Esther Hlakanyane 

Skapie klas Assistent

Essie is ‘n mamma van 2, ’n dogter en ‘n seun. Sy is ons sprankelende, lag uit jou maag vir alles assistent. 

​

Sy staan altyd bekkig gereed met ‘n grappie, maar kan net so lekker vir haarself lag. Sy het baie jare se ondervinding en geniet die kinderlike interaksie met kinders en om so ook hulle dae op te kikker.

​

Sy geniet dit om te ontspan voor die televisie of ‘n boek te lees. 'n bederfie en soet dingetjie is altyd welkom.  Essie is lief vir haar kindertjies.

13.jpeg

Anthonychia Pienaar

Skapie en Dinosourus Klas Assistent

Nicha is 'n sterk, geduldige en liefdevolle persoon.  Passievol en wys altyd hope empatie teenoor haar kollegas en elke kindjie wat haar pad kruis. Sy is saggeaard en kan sagkuns altyd saam lag. Sy is kreatief en altyd bereid om te leer.

​

Sy stel altyd almal se belange voor haarself. Sy is betroubaar en kan eerlik sê wat op haar hart lê. Sy wil nooit iemand te na kom nie. Sy het 'n groot liefde vir kinders. Dit is vir haar belangrik om kindertjies veilig en geliefd te laat voel.


Sy geniet dit om boeke te lees en flieks te kyk, wat haar laat ontspan. Sy hou van nuwe plekke ontdek, maar die Wes-Kaap bly haar gunsteling.

Elsie.jpeg

Elsie

Kok

Haar hart is in die kombuis en net soos die reuk van lekker kossies is daar geen einde aan haar oop arms met hope liefde vir almal nie.

​

Haar geliefdes lê haar na aan die hart!Sy geniet kosmaak en lees graag. Sy is sag,lojaal en opreg.Sy help altyd orals waar sy kan.Haar glimlag en vriendelikheid is aansteeklik!

Ernest_edited.jpg

Ernest

Tuinwerker

Ernest is 'n eerlike en hardwerkende jong man. Hy het ambisie en baie drome.

​

Sy hande staan vir niks verkeerd nie en hy is altyd bereid om te help.Hy leer graag ietsie nuuts.Hy is in beheer van ons tuin,speelarea en hele skool se instandhouding.

  • Facebook
  • Instagram

©2026 by Universitas-Wes Kleuterskool. Proudly created with Wix.com

bottom of page