
Universitas-Wes Kleuterskool
By Universitas-Wes kleuterskool droom ons daarvan om ʼn veilige, vrolike plek met ‘n liefdevolle ruimte te skep waar kinders saam met hul gesinne gekoester word soos geskenke van God.
Kinders kan hier met selfvertroue op ‘n speel-speel-manier leer, groei en hul volle potensiaal bereik. Ons streef daarna om vir kinders soveel meer as sorg te gee. Ons is trots op ons unieke, omgee en vriendelike kultuur wat gebaseer is op Christelike waardes.
Hierdie maak almal deel van ons Uniwester-familie.
Ons gee jou kind die vlerke om te droom, maar verskaf 'n sagte omgee hand om rigting en struktuur te gee. Kinders en hul ouer(s) word verwelkom in 'n dinamiese en ondersteunende kleuterskool waar ons werklik omgee vir die uniekheid en behoeftes van jou kind.
Hierdie is ons kinders se huis weg van hulle huis af. Die son moet oor almal skyn en hier by ons is daar vir almal ’n veilige en liefdevolle huis weg van die huis af waar ons ’n huis met 'n sterk fondasie skep wat herinneringe los vir ’n blink toekoms- gevul met warmte en liefde. ’n Huis waar ons kaalvoet kindertjies met hulle vuil handjies kan ontdek, kaalvoetjies diep spore los en uit hulle magies kliphard skaterlag. Verbeeldingryk die donker wêreld vierkantig in die oë kan kyk en met kleur en geur kan inkleur sonder huiwer of twyfel in enige opsig terug te staan.
Hier kos liefde en omgee niks. Uniwes is waar klein handjies alles kan aanpak en in kaal voetjies diep spore kan los waar hulle gaan. Vreeslose drome kan droom deur te speel, te leer en met onmeetbare liefde omvou te word. Sterk vlerkies om te kan vlieg en hulle liggies helder te laat skyn selfs in die dronker tye.
Liefdevolle, kreatiewe omgewing vir speel, sodat emosionele en sosiale ontwikkeling en groei deur speel spontaan en geduldig met liefde en vol pret en plesier selfvertroue bou en nuuskierigheid vul. Geduldige, vriendelike kindertjies wat altyd selfversekerd, kreatief en met respek en waardes alles aanpak.
Dit is vir ons ’n absolute plesier om deel te wees van elke kindjie se klein hartjie en groot drome. Ons wil inspireer met liefde en ondersteun met God se genade.


