Ons Personeel

Leiding, inspirasie en ondersteuning vir Universitas-Wes Kleuterskool se kinders

IMG-20210106-WA0040_edited.png

Jomy Lombaard

Skoolhoof en Voëltjieklas Juffrou

Jomy is 'n buite-die-boks denker en die oudste van vier kinders. Haar familie en vriende is haar veilige hawe en sy is baie ingestel op regverdigheid en geregtigheid. Sy glo dat harde werk en dankbaarheid vir die klein dingetjies belangrik is. Haar visie vir Universitas-Wes Kleuterskool is om 'n veilige, kreatiewe en geestelike omgewing te skep waar kinders gemaklik kan voel om foute te maak, hul eie identeit te ontwikkel en waardevolle verhoudings en karaktereienskappe aan te leer. Haar droom is gelukkige babas, peuters en kleuters wat sonder moeite en weerstand skool to kom omdat dit vir hulle lekker is in ons teenwoordigheid.



Christelle Blignaut

Kalfieklas Juffrou

Christelle is 'n teruggetrokke mens en versot op kinders. Sy het onlangs self 'n mamma geword van 'n pragtige, klein seuntjie. Hierdie teruggetrokke mamma en opvoeder hou egter nie van stilsit nie en wil heeltyd besig bly. Familie is vir haar verskriklik belangrik en haar ma is haar rots. Sy het ook 'n ouer suster en jonger broer. In haar klassie moet kinders nooit voel dat skool 'n straf is nie. Dit moet prettig en opwindend wees. 'n Ware geleentheid om te ontwikkel en te groei. Met God aan haar sy glo sy dat sy hierdie droom van haar kan waar maak vir baie kinders by Universitas-Wes Kleuterskool.



Christelle.jpg
Maryka.jpg

Maryka Haarhoff

Seedierklas Juffrou

Maryka Haarhoff is afkomsting van Aliwal Noord en die jongste van drie kinders. Sy het 'n passie vir die fyner dinge in die lewe en koffie, sjokolade en musiek is van haar gunstelinge. Sy is nog altyd lief vir kinders en is vir die afgelope 7 jaar al 'n kleuterskool onderwyseres. Sy is baie opgewonde om die pad saam met Universitas-Wes Kleuterskool te stap met Jesus as middelpunt.

Ronel Mostert

Kok

Sy is ‘n ma van twee en oorspronklik van Bloemfontein, sy verlaat ons dorp vir ‘n wyle waar die lewe ‘n paar draaie maak net om haar weer hier in die Rosestad te plant. Sy het ‘n sagte plekkie vir vroue wat swaarkry, en gee ‘n groot deel van haar verlede om hul op te lei in selfontdekking en verbetering vir ‘n toekoms. Sy het ‘n passie vir God en sien die mooi in alles wat deur Sy hand geskape is.  Haar groot liefde op hierdie stadium is die natuur en alle diere, veral leeus. Haar sagte persoonlikheid skakel maklik by ons in, en sy geniet elke oomblik daarvan om ons kindertjies te bederf met lekker, gesonde kos.

Ronel.jpg
Ané.jpg

Ané Viljoen

Wildediere Juffrou

Oorspronklik van Kimberley en al 3 Jaar getroud met die liefde van haar lewe, en hul nuwe klein dogterjie wat hierdie gesin se  vreugde is.
Sy sluit by ons aan as ‘n aflos, en kwyt haar so goed van haar werk, dit word baie vinnig ‘n permanente aanstelling.
Sy verwerf ook haar NQF6 vlak ondwys diploma en werk al 4 jaar in die bedryf.
Sy is lief om aktief te wees veral as dit by squash kom en geniet tyd saam goeie vriende en familie

Bettie Ismael

Wildediere Assistant

Bettie Ismael (Wildediere Assistant)
Oorspronklik van Trompsburg, verhuis sy na Bloemfontein om haar gesin te onderhou. Sy is ‘n mamma van 3 en ‘n ouma van 5. Sy het altyd die mooiste  glimlag, en laat almal voel hulle is spesiaal in haar wêreld.  Sy help graag waar sy kan en doen dit met ‘n huppel in haar stap.  Sy skakel eers bietjie later by ons aan van ‘n vorige skooltjie wat sluit en hulle kan haar nie genoeg kan prys nie…. En elke woorde was waar!
Van haar eerste dag skakel sy soos ‘n droom in en dit voel soos ‘n deel van ons familie wat nog altyd opsoek was.
Bettie is ‘n ou hand met kleintjies en werk al 9 jaar met kinders.
Sy is baie lief vir haar werk en om deel te neem in elke kind se daaglikse  grootword proses.

Bettie.jpg
Elsie.jpg

Elsie Mohutsioa

Skapieklas Assistent

Oorspronkilk van Thaba Nchu, verhuis sy na Bloemfontein vir beter werksgeleenthede. Sy is ‘n trotse  mamma van 2 . Op haar stil sagte wyse het sy ‘n groot leemte kom volmaak in die Babaklas.  Sy is elke oggend opgewonde om haar baba’s te sien en haar grootste plesier is om deel te wees van hulle lewens. Sy help uit op ‘n aflos basis, maar vinnig word daar besef dat haar liefde vir die baba’s iets is wat altyd benodig sal word, maar nie orals te vinde is nie. As sy nie by die skool is nie, kuier sy graag by familie en vriende.

Ester Hlakanyane

Skapieklas Assistent

Sy is oorspronklik van Bloemfontein, waar sy groot geword het en gematrikuleer het!
Sy is ‘n mamma van 2, een dogter en ‘n seun. Sy is ons sprankelende, lag uit jou maag vir alles assistant.  Sy is altyd gereed met ‘n grappie, maar kan net so lekker vir haarself lag. Sy werk al 20 jaar by verskeie kleuterskole, en geniet die kinderlike interaksie met kinders en om so ook hulle dae op te kikker.
Sy geniet dit om te ontspan voor die televisie of ‘n boek te lees.

Esther.jpg
Black Sheep

Charné Moss (Nuwe Aanstelling)

Skapieklas Juffrou

Sy is oorspronklik van Gauteng, maar het groot geword in Kwazulu-Natal.  Hulle verhuis terug Pretoria toe in haar Graad 11 jaar, waar sy dan ook matrikuleer.  Na ‘n paar jaar terug in Blou Bul wêreld trek sy Bloemfontein toe vir liefde. Sy is die jongste van vier kinders, wat baie heg aan mekaar is, alhoewel haar ouers al vir ‘n jaar in Engeland bly vir ‘n goeie werksgeleentheid. Sy is ‘n vriendelike, hardwerkende juffrou wat altyd net wil seker maak elke baba is geliefd en versorg in haar klas.  Sy werk al 4 jaar met kosbare lyfies, en kan haarself nie iets anders doen nie. Sy geniet elke dag asof dit haar laaste is, en is nie bang om groot ted room nie.  Sy is ‘n groot aanwins vir ons span, en kan nie die babaklas sonder haar indink nie.

Anusca Mong (Nuwe Aanstelling)

Voëltjieklas Assistent

Oorspronklik van Gauteng, verhuis hulle na verskeie dele in Oos-Vrystaat waar sy in Senekal matrikuleer.  Sy ontmoet ook hier haar groot liefde en hulle verhuis einde 2020 na Bloemfontein. Hulle raak verloof in die stad van rose en hoop om vinnig hierdie koeël deur die kerk te kry.
Sy is ‘n sagte, liefdevolle assistant wat altyd tyd maak vir elke kleinding wat by haar verby kom.  Sy beoog om binnekort te begin met haar Grondsalgfase studies. Vir iemand wat nuut in die bedryf is, kan ons net dankie sê om hierdie kosbare juweel van ‘n juffrou deel van ons span te hê.
Sy geniet dit om kreatief te wees in haar spaartyd, of om dit te spandeer tussen mense waarvoor sy lief is.
Om in elke oomblik te leef  en dit ten volle te geniet is hoe sy hoe sy streef om elke dag te leef.

Bird _edited.png